'n Paar duimreels vir ''onervare grondpadryers'' is altyd welkom.
'n Vriend van my vertrek vanoggend op 'n vierdag grondpad toer na die OosKaap. Saam met hom is twee vriende wat wel kan bike ry, maar '''geen ondervinding van grondpaaie''' het nie. Hulle het my gevra om vir hulle 'n paar lyne te skryf oor grondpadry. Ek het gedink dit sal ook nuttig wees vir baie ouens op die forum. Ek is geen fundi nie, maar het al genoeg kere geskrik om te weet wat is belangrik.
a) 'n Basiese kursus soos die "Introductory Course" is baie nuttig en moeite-werd.
b) Hou jou spoed onder beheer. Ry eerder te stadig as te vinnig.
c) Ry saam met groepe en leer van jou eie foute en leer by die sukses van ervare ryers. Moenie alleen ry nie, vir baie redes.
d) Goeie beskermende klere is noodsaaklik
e) Moenie bang wees nie, wees net versigtig. Oefen, oefen, oefen.
f) Ervaring en selfvertroue gaan hand aan hand
Hier is wat ek vir hulle geskryf het
-----------------------------------------------------------
''' ‘n Paar duimreels vir NUWELINGE op grondpad'''
1. ''Wees BAIE versigtig met die voorrem''
Rem met die voorwiel is ''baie'' effektief op grondpad, MAAR dan moet jy weet wat jy doen. 'n Beginner is geneig om te skrik en dan die voorrem vas te gryp – dis dodelik op grondpad.
Aan die begin-tyd moet jy die voorrem so min moontlik gebruik, en wanneer jy dit wel gebruik - werk liggies daarmee (konsentreer daarop!) rem baie matig met een of twee vingers – nie die hele hand nie.
Mens is gewoond aan teerpad, waar voorrem normaalweg en maklik gebruik word.
Dit kos baie oefening om op grondpad veilig en effektief te rem met die voorwiel.
2. Rem met die ratte, sover as moontlik. Dis heel veiligste omdat die agterwiel bly draai, al sleep die band.
3. Rem in 'n reguit lyn. Dis veiligste en doeltreffendste. Wanneer jy 'n draai ingaan moet jou spoed reeds reg wees.
4. ABS AFgeskakel op grondpad. Om een of ander rede wil ABS op grondpad nie daardie laaste doodstil stop doen nie. Dit rem wel, maar net tot op 'n punt.
5. Bande – knobblies is verreweg die beste vir grondpad, veral in modder, sand en los grond. Enigste nadeel is dat hulle vinnig slyt en nogal duur is. Dubbeldoel bande met diep en wye groewe is die beste volgende keuse.
6. Banddruk – baie belangrik. Die regte banddruk maak 'n hengse verskil (sien die stuk heel onder).
7. Hou jou spoed laag – gemaklike spoed minus 10kpu is gewoonlik reg.
8. Verminder spoed betyds, veral voor draaie. ‘n Blinde draai of draai met slegte grond of los gruis kom baie skielik op jou af! Rem met die ratte en agterrem.
9. Staan sover as moontlik – oefen dit. Mens het baie meer beheer oor die bike omdat jou eie gewig apart van die bike beweeg.
10. Goue reel: ''Stand up, Look up, Open up''. Staan Op, Kyk Op, maak Oop jou kniee (moenie tenk knyp nie)
11. Sand – sagte bande. Staan, plaas gewig so ver agtertoe as moontlik (strek arms vorentoe), laat die bike sweef, hou stuur met sagte arms vas, ry reguit vorentoe (moenie probeer stuur nie). Tweede rat werk goed, maak geleidelik oop soos jy deur die sand beweeg sodat agterwiel heeltyd effens vinniger as die bike loop. Moenie ‘n spoor probeer volg nie. Oefen, oefen, oefen!
12. Modder – Balans is alles, veral indien glad. Moenie stuur met die hande nie, hou reguit en stuur met die voete (staan en verplaas gewig links/regs). Hou konstante enjinspoed, moenie versnel nie (agterwiel begin spin en gooi agterkant weg). Een van die sleg dinge van modder is dat dit die band se spoor toesmeer en jy dan effektief alle vastrap verloor ....
13. Water – ‘n Splash is lekker en heel veilig in meeste gevalle. Oppas vir ronde spoelklippe, veral waar mos daarop gegroei het (bv stroompies). Toets diepte van water indien dit dieperig lyk. Oppas vir gladde modder waar jy anderkant uitgaan – hou reguit en hou konstante enjinspoed.
14. Oppas vir los ronde klippies of gruis op harde pad. Doen moeite om in die spoor te bly, veral voor en om draaie.
15. Opdraendes met los klippe – versnel genoeg op die gelykte en maak geleidelik toe soos jy opgaan (dit voorkom dat die agterwiel begin maal). Jou momentum aan die begin is die sleutel tot sukses.
16. Afdraendes met los oppervlak – begin stadig en hou in lae ratte, hou lae spoed. Gebruik min of geen rem. En slegs agterrem.
17. Spoelslote in die rigting van die pad is gevaarlik, veral vir ‘n ligte bike. Bly uit hulle uit. Dieselfde vir voertuigspore wat droog geword het.
18. Oppas dat die voorband (wat effens afgeblaas is vir die grondpad) deurstamp teen groot klippe of rotsriwwe. Hierdie gevaar word baie verklein indien jy staan.
19. Rowwe oppervlakke is nie veel van ‘n probleem nie, veral as jy staan en nie te vinnig ry nie. Die bikes kan dit hanteer.
20. Ek is altyd verbaas om te sien hoeveel inherente stabiliteit in ‘n bike is, solank sy wiele draai.
21. Stop gereeld en rus. Rowwe pad is meer vermoeiend as wat mens besef.
22. Skerp draai (soos in U-draai in 'n klein area) - Hou die enjin aan die loop, en op konstante spoed as jy skerp draai. Die bike val na die binnekant sodra jy enjinspoed verminder of as enjin vrek.
--------------------------------------------
En oor bande (herhaling van 'n Aug'07 stuk)
--------------------------------------------
''' Dirt road pressures'''
The tyre pressure is a compromise between Traction, Wear and Heat build-up.
Generally you find:
More heat = more traction = quicker wear. This is much more evident on tarmac than on dirt.
Wider spaces on thread pattern = better grip on dirt = less rubber tread = quicker wear
The pressures recommended by the manufacturer was established by them trying to offer the general user with an optimum balance between good wear vs good grip.
You as intelligent rider should adjust the recommendation to suit your own detail needs.
The softer tyre gives larger footprint ---- better grip on dirt, but greater heat build-up especially with high speed (leading to quick wear).
Harder tyre = smaller footprint, less grip on dirt, good grip on tar, reasonable heat build-up, reasonable wear.
Note: in some dirt cases a narrow footprint is better, eg in with pebbles on a hard surface. A narrow tyre penetrates better into the pebbles than a wider tyre. On the contrary, a wider tyre is better in sand because it penetrates less than a narrow tyre.
On dirt roads, Knobblies are best by far. Dual purpose tyres with wide grooves is next best choice.
I found that 1.5bar front and back works well for my 1150GS (tubeless) on average dirt road (eg when you dont know what lies ahead). If lots of sand, then 1.2 at the back and 1.5 front. (note: very very seldom as low as 1.2bar ---- I do not like very low pressures (or sand) in any case.
If you carry a pillon or lots of luggage, raise front and back by 0.2 bar (ie 1.7 front, 1.7 back)
If both pillion and luggage, raise back another 0.2 bar (ie 1.7 front, 1.9 back)
If you as rider/driver is heavier than average, you need to increase the pressure accordingly (and vice versa for very light rider/driver)
Doing short distances with soft tyres on tarmac is OK, but keep speed down, inflate as soon as possible.
Doing short distances on dirt road with tarmac pressure is also OK, provided you remember that yr grip is much less than with softer pressures. And be wakker --- it will help saving your mirrors from damage
Wet weather - same pressures as dry (dirt and tar respectively), reduce speed, increase awareness.
Get yourself an analog (non-digital) tyre pressure gage (Midas etc has reasonable ones from R60. Cheapies not recommended, goldplated fancy ones not worth the money) (digital ones sound great, until they let you down with a flat battery)
Then experiment with pressures on your own bike & weight & style of riding.
In order to get the best life out of your tyres, one has to accurately control the tyre pressure. It is much more sensitive to pressure than you can imagine.
I once took a good 50% worn tyre to replacement in 500km of fast tarmac riding on 1.3bar. And only afterwards realised how lucky I was, not have suffered a blow-out!
The recent track day was a revelation to me, regarding the behaviour of the tyres. How they heat up and feel/handle early and late in as few as 3 laps. By the way, for the track riding they recommended 2.5 front and 1.8 back. I used 2.5 front and 2bar back. (note low rear pressure for quick heat build-up, ie better grip)